Of Suid Afrikaanse soldate betrokke is in die hernude gevegte wat losgebars het in die noorde van Mosambiek, is nie bekend nie, maar dit is wel aangekondig dat alhoewel die terroriste van die Islamietiese Staat verdryf was, is die groep terug met mening in die dorp Palma en omgewing.
Na ‘n kalmte van omtrent 3 weke, het gevegte weer hervat. Daar is duisende mense wat uit Palma gevlug het, maar weer terug gekeer het op aanbeveling van die Mozambiekse Weermag.
Maar nou sit hulle weer vas en in bewing.