‘n 58-jarige boer van Amersfoort, Mpumalanga, Hennie Moldenhauer, is Sondag langs een van sy lande vermoor. Mnr Moldenhauer is gevind met ‘n skietwond langs sy linkeroor.
Hy het vroeër sy huis verlaat om sy plaas te patrolleer. Mnr Moldenhauer was gewapen met ‘n pistool en geweer toe hy uit sy huis gegaan het, maar hierdie wapens is vermis toe sy lyk gevind is, en is blykbaar deur die moordenaars gesteel.
Sy vrou het sy lyk uitgeken nadat hy gevind is en geen arrestasies is gemaak nie.
Luister Hier: