Meer as R120 Miljoen se harde kontant is by kitsbanke en banke gesteel tydens die onlangse ANC geweld, wat middel Julie deur dele van Gauteng en KwaZulu-Natal gespoel het. Hierdie bedrag is baie hoër as die aanvanklike ramings en sluit nie die herstelkoste in nie.
Minstens 1,227 kitsbanke en 310 banktakke is tussen 9 en 17 Julie gevandaliseer of vernietig, tydens die tydperk van gewelddadige plundering wat honderde winkels in puin gelê het, en waar meer as 300 mense dood is. Dit is volgens die jongste telling deur die South African Banking Risk Information Center (SABRIC), wat die ernstige gevolge van die “ongekende vernietiging”‘ van bankinfrastruktuur uiteengesit het.
Luister Hier: https://nuus.net/wp-content/uploads/2021/08/19-Aug-geld-afr.mp3
[embed]https://nuus.net/wp-content/uploads/2021/08/19-Aug-
Continue reading…