Die #FreeZuma onluste maak wêreldwye nuus, met Fox News wat berig oor die onluste en plundery as dieselfde as “wat ons gesien het in Amerika,” met verwysing na BLM se landswye onluste en plundering laas jaar aangehits deur die Demokrate. Ramaphosa kon seker nie die geleentheid om die leier van sy politieke opposisie in hegtenis te neem, van die hand wys nie, maar het hy ‘n groter bomb aangesteek as wat self hy gedink het, want dit blyk dat die ANC regime glad nie daarvoor voorbereid was nie!
Met elke dag wat verbygaan kom daar nuwe aspekte van hierdie situasie, wat glo nog nie ‘n nood toestand is nie, te vore. Blanke Suid Afrikaners sukkel nogsteeds met die gedagte, dat in Afrika, het Zuma niks verkeerd gedoen nie, omdat korrupsie normaal is in Afrika, en Ramaphosa self het groot vrae wat oor sy eie kop hang, wanneer dit kom by korrupsie, nog veel groter a Zumpie s’n.
Luister Hier: