‘n Grondeienaar van Middelburg, Mpumalanga, mnr Danie Heyns (60), was op Sondagaand 24 Oktober, 2021 amper vermoor deur ‘n trop onwettige grondbesetters, gelei deur ‘n swart man wat in die dorp bly. Die boer is vir 2 uur lank geslaan en gemartel deur die hoof aanhitser en sy gepeupelbende van omtrent 20 sterk. Hoe dapper is hulle as hulle ;n 60 jarige kan slaan en martel terwyl daar omtrent 20 van hulle is.
Mnr Heyns het aan die gemeenskapskoerant Middelburg Observer vertel dat hy diep bevrees was om sy lewe te verloor tydens die 2 uur lange marteling . En dit op sy eie grond wat by betaal en hard voor gewerk het. Hy besit die plasie op die Groblersdal pad (N11), Middelburg al vir 20 jaar. Hy woon in Gauteng maar is wel naweke op die plaas.
Mnr. Heyns moes ’n paar jaar gelede ’n hofbevel bekom, toe daar skielik ’n sinkhuis op sy plaas gebou word deur ’n plaaslike swart man, wat ’n grondeis ingedien het. Die onwettige sinkhuis is deur die balju afgebree
Continue reading…