Die bejaarde ouers van Dolphin krieketspan se bestuurder was toegesluit in ‘n vangwa en selle, en gedwing om ‘n boete te betaal nadat hulle vergeet het om maskers in ‘n stil Durban Noord straat aan te sit. Die Dolphins krieketbaas, Heinrich Strydom, se ouers het nou altwee ‘n kriminele rekord nadat hulle altwee Vrydag in Durban, in ‘n vangwa gelaai is, en in ‘n vuil sel aangehou was, net omdat hulle nie hulle maskers gedra het, toe hulle gaan stap het nie.
Prof. Corinne Strydom en haar man, Herman, albei afgetrede professors aan die Noordwes Universiteit, het in Durban gaan kuier om die geboorte van hul kleindogter te vier, toe die bejaarde egpaar in ‘n stil straat in Durban Noord gaan stap, toe ‘n Polisie vangwa agter hulle stop.
Luister Hier: