VSA se voormalige Minister van Buitelandse sake, Mike Pompeo, het die reaksie van die Wêreldgesondheidsorganisasie op COVID-19 pandemie erg kritiseer, en aangevoer dat die instelling “heeltemal misluk het” in die “een taak wat hy gehad het” om te doen, naamlik om die pandemie te voorkom.
“Die Wêreldgesondheidsorganisasie – ‘n instelling wie se werk dit was, om ‘n pandemie voorkom, het heeltemal daarin misluk het” het mnr. Pompeo gesê. “Op die oomblik van krisis, op die kruispunt, het hulle hulself geskaar by Xi Jinping en die Chinese Kommunistiese Party, en nie by die wêreld nie.”
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/06/22-June-WHO.mp3[/embed]
Mnr Pompeo het aan Fox News se Trey Gowdy gesê dat dit ‘moeilik‘ sal wees om die antwoorde op die oorsprong van COVID-19 te vind en hy vra vir volle deursigtigheid uit China.