Verskonings is nie oplossings nie: Miljoene word jaarliks bestee aan ‘n mediese opleidingskollege in Orkney, in Noordwes provinsie, maar geen enkele student is sedert 2019 voltyds daar opgelei nie. Hierdie skandelike situasie is deur provinsiale parlementslede van Noordwes onlangs daar aangetref op hul oorsigbesoek.
Die DA se Gavin Edwards het aan Netwerk24 vertel dat met die lede van die Noordwes wetgewer se oorsigbesoek, het dosente buite ledig rondgesit omdat daar geen studente is nie. Een van die redes hiervoor is dat die kollege nie kwalifiseer vir akkreditasie nie en universiteite werk dus nie saam met hulle nie.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/06/16-June-Orkney.mp3[/embed]
Daar is nie eens internetverbinding daar nie, so e-posse kan nie eens gestuur word nie. Die plek is so vervalle dat die plafon op plekke instort, tog kos die hele sirkus die belastingbetalers milj
Continue reading…