‘n Onbekende vrou van ongeveer 39 jaar oud, se liggaam is in ‘n gastehuis in Bloemfontein gevind. Sy het ‘n pienk rok met blomme aangehad. Daar word berig dat sy geen bagasie saam haar gehad het nie asook geen vorm van identiteit nie.
Die vrou was, volgens personeel, vanaf Kroonstad saam met ander mense op pad na die Oos-Kaap vir ‘n begrafnis.
Die identiteitlose vrou het Donderdag alleen by die gastehuis ingeboek om te rus. Skoonmaak personeel het omstreeks 10:00 aan die deur geklop en ontdek dat iets verkeerd was. Polisie en nooddienste is ontbied om te help. Die vrou op die toneel dood.
Polisielede vra die publiek se hulp om met enige inligting na hulle kantoor te gaan sodat die ondersoek makliker kan wees.Duidelikheid oor die oorsaak van haar dood, sal na die nadoodse ondersoek gegee word.