Die Nag Hoort aan die Swart Totsi wyl Blankes Agter Tralies in hul Huise Moet Skuil – Brent Burger (48) het laas Donderdag 14 Oktober eers bewus geraak dat hy deur sy wang geskiet was toe die koeël ook uitkom saam met 2 tande wat hy moes uitspoeg.
Brent was omstreeks 01:00 in sy motor op pad huis toe, saam met ‘n vriend en sy 5 jarige seun nadat hy spinasie by ‘n groentemark in Kaapstad afgelaai het.
Twee swart mans het hulle by ‘n kruising in Avianpark, Worcester aangeval deur klippe na hulle voertuig te gooi en op hulle te skiet. Brent het net besef hy moet wegjaag en gelukkig kon hy sy voertuig op die pad hou.
Weens die skok het hy gevoel sy gesig is stukkend, maar eers later besef hy is geskiet toe hy tande wou uitspoeg en die koeël ook uitkom, so Brent het homself na die hospitaal bestuur.
Die Polisie het die voorval bevestig en gesê dit het op die kruising van die R43 en die Villiersdorp pad gebeur. Daar was geen arrestasies.
Brent wat
Continue reading…