“Dit is rassisme om die Indiese kabaal se invloed te bevorder!” beweer Malema al weer, of is dit nogsteeds? Die keer is dit oor pogings om hom uit Regterlike Dienskommissie (RDK) te verwyder. Die Raad vir Bevordering van die SA Grondwet (CASAC) wil hê Malema moet as kommissaris by die RDK verwyder word, oor wat volgens hom aanvalle op die regbank is en weens sy optrede tydens onderhoude.
“Ons beskou die veldtog deur CASAC om die president van die EFF uit die Regterlike Dienskommissie te verwyder as ‘n rassistiese poging om die invloed van die Indiese kabaal op die regbank voort te sit,” het Malema Donderdag op ‘n mediakonferensie beweer, met die aantyging dat, “In wese veg CASAC daarvoor dat [die minister van openbare ondernemings] Pravin Gordhan se vriend, wat deur ‘n oop en deursigtige proses van die RDK verwerp is, weer op die regbank ingestel word.”
Luister Hier: