‘n Swerm sprinkane wat die N10 in die Noord-Kaap glo glad gemaak het, het veroorsaak dat ‘n bakkie rol. Motoriste word dus gemaan om baie versigtig te wees indien hulle hierdie pad sou gebruik.
Die bestuurder het blykbaar beheer verloor oor die voertuig, waarna dit gerol het. ‘n Vrou is dood verklaar op die toneel. Die sprinkane wat vermoedelik uit Namibië na die Noord-Kaap kom, word tans deur die departement van landbou onder beheer gekry.