Volgens dokumente wat die BBC program ‘Panorama‘ gesien het, was British American Tobacco (BAT) se private spioene gevang in Zimbabwe in 2012, na hulle betrap is toe hulle op Savanna Tobacco se fabriek spioeneer het. Na gesprekke met hooggeplaaste Zanu PF lede, oor ‘n donasie van tot halwe Miljoen dollar, was die 3 spioene losgelaat. BAT is die vervaardiger van Lucky Strike sigarette en is een van die grootste ondernemings in die Verenigde Koninkryk, waar die multinasionale tabak monopolie sy hoofkwartier in London het.
Die ondersoek het ingegaan op die wêreld van korporatiewe mededinging, beweerde onwettige spioenasie en omkopery in Afrika, of meer spesifiek die tabakbedryf. Die fokus van die ondersoek was BAT en die private sekuriteitsfirma genaamd Forensic Security Services (FSS), wat die onderneming op staatgemaak het in sy onderneming in Suid Afrika.