Nieteenstaande die benoeming as een van de ergste hawens ter wêreld, en kort nadat ‘n hele skeepshouer van ammunisie verdwyn het van Durban hawe tydens onlangse onluste, beplan Transnet Port Terminals om ‘n “superterminal” in Durban te skep, wat die hawe in staat sal stel om baie groot vaartuie te hanteer, en hopenlik die doeltreffendheid van die hawe sal verbeter. Maar blykbaar wil die ANC private beleggers se geld op die spel plaas.
Transnet is op soek na private beleggers met beleggings ter waarde van R100 miljard, om saam met hulle te werk vir die uitbreiding van die Durban-hawe. Minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het Maandag aan joernaliste beweer dat as alles goed uitwerk, dit die kapasiteit van die Durbanse hawe aansienlik sal laat toeneem. Dit sal dan byna 60% van die skeepshouerverkeer in en uit SA kan verwerk.
Luister Hier: Continue reading…