Die ANC regering se entstof program is in n warboel en chaos gedompel nadat dit bekend geword het dat 2 miljoen van die Johnson&Johnson entstof dosisse, wat in Aspen se Port Elizabeth aanleg vervaardig, is waarskynlik vernietig moet word.
Die rede is dat die Amerikaanse FDA owerheid vermoed dat ‘n kernbestanddeel wat gebruik word in die vervaardiging van die J&J entstof in ‘n fabriek in Baltimore, Amerika besoedel is.
Luister Hier:
Die regering se entstof program beweeg reeds teen n slakkepas terwyl die gesondheidsowerheid SAHPRA en die ministerie van Gesondheid ook alles in hulle vermoeë gedoen het om die beskikbaarstelling van die bestaande Ivermektien medisyne, wat baie effektief teen Covid is, te vertraag. Afriforum moes eers hof toe gaan om die gebruik van Ivermektien goedgekeur te kry.
Die New York Times berig dat die FDA vermoed dat tot 60 miljoen dosisse van 100 miljoen dosisse, wat by die Amerikaanse Emergent fabriek in Baltimore, Amerika vervaardig is, besmet kan wees en nie goedgekeur kan word vir verspreiding nie.
Die FDA het in ‘n maandelange ondersoek bevind dat werkers nie behoorlike maatreëls getref het om eers te stort, en ander klere aan te trek nadat hulle eers met J&J bestanddele, en daarna met Astra Zeneca bestanddele gewerk het nie. Daar kon dus kruisbesmetting van bestanddele van die 2 tipes entstowwe plaasgevind het volgens die FDA.
Aspen het aktiewe bestanddele wat van die Emergent fabriek verkry is, en nou as besmet beskou word, wat gebruik is om die 2 miljoen entstof dosisse te vervaardig, wat vir Suid Afrika se entstof program bedoel is.
Die 2 miljoen dosisse J&J entstof sou gebruik word om gesondheidswerkers en bejaarde mense op die platteland in te ent. Suid Afrika het ‘n verdere 29 miljoen J&J entstowwe bestel en dit is nou onseker wanneer dit afgelewer sal word, aangesien die Baltimore fabriek nog gesluit is.
SAHPRA moet nou die finale besluit neem of die 2 miljoen Aspen vervaardigde dosisse vir gebruik in Suid Afrika goedgekeur sal word, maar die kanse is baie skraal dat hulle dit sal goedkeur omdat hulle nie kanse sal wil waag nie.
Die enigste ander fabriek wat die kernbestandeel API by die J&J entstof invoeg, is in Leiden, Nederland, maar daardie aanleg is ook gesluit, volgens hulle vir instandhouding.
Mense sal hulle nou moet afvra of die entstof program wat deur mense soos Bill Gates gedryf word, nie ‘n volslae geldmakery en mislukking is nie? Heelwat mense het al aan komplikasies van die Covid entstof gesterf.
Die entstof program is voorgehou as die redder teen Covid maar is blykbaar afgerammel sonder dat dit eers behoorlik getoets is, maar die groot farmaseutiese maatskappy het al hul geld, en dit is glo nie terugbetaalbaar nie. Daar was geen waarborge gegee nie.
Hoe is dit moontlik as hulle die hele mensdom daarmee wil inspuit, en ons selfs wil straf as ons dit nie wil neem nie? Wat gaan hier aan wat ons nog nie van weet nie?