Hier is jou Top 20 vir hierdie week. Ruan Josh en Franja du Plessis is vir die tweede week nommer 1 met hulle liedjie “Ek wil lewe”, hierdie broer en suster trio mag maar sing. Hoop om hulle vir ‘n hele paar weke op die nommer 1 spasie te sien. Die Top 20 is julle keuses, dus stem stem stem.
Elandrè, wat ‘n rukkie gelede ‘n platekontrak tydens ‘n onderhoud op Bokradio losgeslaan het, betree die week se Top 20 in nommer 20. Liezel Pieters maak ook weer haar verskyning op die Top 20 met haar liedjie “gooi jou liefde op my”.
1. Ruan Josh ft Franja du Plessis – “Ek wil lewe”
2. Elvis Blue – “Elke hart”
3. Karen Zoid – “Vir jou”
4. Joe Forser – “Die ridder”
5. Riaan Grobler – “Die boek”
6. Deon Groot – “As ek net jou man kon wees”
7. Wynand Strydom – “Katrina”
8. Ons Lieflinge – “Miljoene stemme”
9. Kurt Darren – Jy’s ‘n legend”
10. Joshua na die Reën – “Laat die wind my neem”
11. DZL ft Maruchè – “Wees iemand”
12. Pieter Koen – “Wonders van my wêreld”
13. Dewald Wasserfall – “Altyd jonk bly”
14. Len Muller – “Sing vir sente”
15. Die Heuwels Fantasties – “Bietjie hoop”
16. Regentse – “Vuil Vanderbijl”
17. 1925 Band – “Al te min te veel gevra”
18. Lizandra Winter – “Die begin”
19. Liezel Pieters – “Gooi joou liefde op my neer”
20. Elandrè – “Afrikaans sal bly”
Kom mense, stem vir jou Nommer 1 en dalk volgende week is jou sanger of groep bo aan die lysie. As jy nog nie die liedjies gehoor het nie, dan het ons spesiaal vir jou ‘n musiekvideo gekry van die top 3 se liedjies. Geniet dit !!