As gevolg van dekades se BSEB, stelselmatige korrupsie, groothandel plundery, wanbestuur en gebrek aan onderhoud, betaal die verbruiker weereens die prys, omdat Eskom skielik weer moes begin met beurtkrag vanaf Sondag, toe hulle dit met fase 2 bekendgestel het, om kwansuis tot Dinsdagaand te hou as alles volgens plan verloop.
Weereens is ‘n lewelose voorwerp die skuld gegee, hierdie keer was dit blykbaar die Tutuka-stasie wat herstelwerk aan drie opwekkende eenhede kry wat misluk het, en ‘n ander eenheid by die Majuba-kragstasie het ook misluk, wat veroorsaak het dat dit gestop is vir herstelwerk.
Luister Hier: