Kom vier saam met die gewilde Suid-Afrikaanse sanger MATHYS ROETS sy 21ste jaar in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf, gevul met persoonlike sowel as beroepshoogtepunte wat sy vertonings altyd gesog maak.
Datum:- 16 Mei 2018
Tyd:- 20:00 tot 23:00
Toegang:- R80
Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Langebaan?? Click Here !!
Looking for a cheap flight or would you like to rent a vehicle?visit SKY.co.za now!
Mathys het veral bekendheid verwerf vir sy sielvolle vertolkings van die wêreld se mooiste ballades, veral musiek van Koos du Plessis, Leonard Cohen en Lucas Maree maar met sy reeks Masters of Song, het hy ook reg laat geskied aan die immergewilde klanke van Cat Stevens, Neil Diamond en Roger Whittaker. Musiek wat Mathys sy eie gemaak het soos net hy kan doen!
Mathys tree gereeld by die groot kunstefeeste op, waar sy vertonings gewoonlik reeds voor die feeste begin, vol bespreek is. Hy sing beide Afrikaanse en Engelse musiek wat groot byval vind by sy gehore.
Adres:- Pirates Bar & Oven, Gateway Centre, Mykonos Crossing, Langebaan, Western Cape
Kontak:- 022 772 0378
Hy het ook al op uitnodiging gesing in Engeland, Griekeland, Kanada, Londen, Dubai, Nieu-Seeland en Australië – met groot sukses.
Mathys het reeds 16 CD’s en 3 DVD’s vrygestel en is ook die eerste kunstenaar in Suid-Afrika wat ‘n DVD vrygestel het. Hierdie DVD, “Mathys Live Vrydag die 13de”, verkoop tans baie goed en is landwyd beskikbaar. Die DVD is ook ‘n eerste vir SA!
Die gewilde sanger het die afgelope paar jaar deeglik kennis gemaak met afskeid, verlies en veranderings. Dit het hom geleer om aanpassings te maak en die lewe weer vierkantig in die oë te kyk. Op 6 April 2009, op pad na die KKNK in Oudtshoorn, ry Mathys met sy geel BMW-motorfiets van die pad af.
Dae lank hang sy lewe aan ʼn draadjie en uiteindelik reik die Rosepark Hospitaal ʼn verklaring uit: Mathys is verlam. Ten spyte van hierdie terugslag, besluit Mathys om vorentoe te kyk en steeds voluit te leef. “Ek sien uit na elke dag en elke nuwe uitdaging” – Mathys Roets
SA-Radio.com
To list your event, concert or gig, contact SA-Radio.com
To receive our gig guide, Subscribe here FREE!