Die SANW ondervind heelwat Covid-19 infeksies en op ‘n 4 maand weermag kursus wat in Heidelberg Gauteng gehou word, is daar al 13 Covid gevalle op die kursus, maar die hoofde wil nie die kursus stop nie. Al die besmette mense bly wel in dieselfde koue rondawel en gebruik dieselfde geriewe, ens.
Nieteenstaande die Covid maatreëls, hou die leër tans baie groot kursusse, met meer as 100 studente elk, in Oudtshoorn, Kimberley, Lohatla – Noord-Kaap, Heidelberg, Pretoria (Junior Command en Staff Course). Dan ook die algemene kursusse waarop almal gaan (Leër, Lugmag, Vloot en Mediese Dienste). Ook Joint Senior Command and Staff Programme, by die SA Nasionale Oorlog Kollege in Pretoria waar daar gister een student dood is aan Covid.
Luister Hier:
By ‘n weermag kursus in Kimberley is 3 al dood aan Covid, en die gevalle styg by die dag, maar die kursusse gaan aan. Dit is verregaande hoe min die weermag hoofde vir hul lede se lewens omgee.
Een hoë rang offisier het al met ander hoe range gepraat, maar hulle trek glo net eenvoudig hul skouers op. Die enigste offisier wat oor is, is die Leër Hoof, wat in bevel is, maar hy doen glo niks. Slegs hy kan dit stop, maar hy stop dit nie, al breek die Leër die land se wette, wat in die Staatskoerant gelys is, van 50 en minder mense per venue. Dus is die kursusse onwettig?
Lede in verskeie areas raak desperaat en al mag hulle nie buite die weermag gaan nie, wil hulle mense se aandag trek na hierdie situasie, omdat hulle glo die offisiere se arrogansie lewens kan kos. Hulle het selfs Afriforum en koerante genader, maar niemand wil hieroor berig nie.