Die Europese Unie se Afrika Unie het verklaar dat “ryk lande” moet ophou om Covid entstowwe op te berg, om te gebruik vir toekomstige boosters, wat nog nie nodig blyk te wees nie, maar moet dit liewer aan Afrika gee. Natuurlik speel AU alweer die bak hand rassekaart dat Afrika die ewige slagoffer is, om weer gratis goed te kry, maar die waarheid is dat Afrika taamlik lig van die hele pandemie afgekom het, nieteenstaande al die hoofstroom vreesaanjaging en propaganda nie. Die waarheid is dat Afrika slegs ‘n fraksie van die Covid sterftes het as Europa en VSA.
Die topgesondheidsbeampte van die Afrika-unie (AU), John Nkengasong, die direkteur van die kontinent se sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (Afrika CDC), het Donderdag op ‘n nuuskonferensie “ryk lande” aangeval vir hul gretigheid om ‘n derde skoot Covid entstof toe te dien.