Na Ace Magashule se onlangse dreiging dat hy as die sekretaris-generaal van die ANC, Ramaphosa se baas is, en dat hy Cyril kan herroep, het die ANC gou vir hom geskors, en hy is onmiddellik van sy pligte onthef, maar hy ontvang nog salaris en voordele. Voltydse betaalde vakansie dan, om nog kattekwaad aan te vang?
Inderdaad, Magashule het alreeds met Ramaphosa begin veg. In ‘n brief sê hy dat hy nie geskors is nie, en dat hy teen die besluit gaan appelleer, en noem hy ook dat hy Ramaphosa as ANC-president skors.
Luister Hier: