Die Hooggeregshof in Pretoria het beslis dat Cyril Ramaphosa se omstrede CR17 verkiesings veldtog bankrekords verseël moet bly. Die CR17 veldtog het sy verkiesing in 2017 vir president van die ANC voorafgegaan en daar is glo 1 Miljard ingesamel en spandeer sodat hy naelskraap vir NDZ kon oorwin.
Die aansoek word met koste van die hand gewys, na die EFF die hof gevra het om die inligting wat deur Aubrey Ledwaba, adjunk-regter-president van die Gautengse afdeling van die hooggeregshof, geplaas is, te openbaar.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/07/21-Julie-cr17.mp3[/embed]
Die rekords is verkry deur die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane tydens haar CR17-ondersoek. Sy het die rekords aan die hooggeregshof oorhandig toe die president haar verslag betwis.
Ingevolge die hofreëls plaas dokumente wat by die hof ingedien word, dit gewoonlik in die publieke domein. Hierdie keer het Ledwa
Continue reading…