Ramaphosa se presidentsverkieseing veldtog was glo befonds deur ‘n veldtog bekend as CR17, glo deur die White Monopoly Capital (WMC). Die Grondwethof sal glo vandag uitspraak lewer in die saak.
Die beslissing sal bepaal of of Ramaphosa die parlement mislei het oor bydraes wat vir die CR17 veldtog geskenk is, en of dit binne die mandaat van die Openbare Beskermer (OB) val om dié veldtog te ondersoek.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/06/1-Julie-CR17.mp3[/embed]
Bosasa ‘n baie omstrede maatskappy, het glo R500 000 aan die president se veldtog geskenk.
Die saak wat in November verlede jaar aangehoor is, is voor die hof gebring as ‘n appèl teen ‘n uitspraak van die hooggeregshof in Gauteng – waarin daar beslis is dat die OB, Busisiwe Mkhwebane se verslag tersyde gestel moet word omdat die meriete van die saak – soos die hof dit gestel het – glo hopeloos was.