Die Afrikanerbond het ‘n verklaring uitgeruik waar hulle die dood van openbare aanspreeklikheid onder ANC en EFF politici betreur. Hulle wys daarop dat dit nie verbasend is nie dat die sperdatum vir die parlementêre ad hoc-komitee, wat wysigings moet finaliseer vir die 18de Grondwet wysigingswetsontwerp rondom artikel 25, en die bewoording rondom onteiening, nie gehaal kon word nie.
Ten spyte van vele insette wat gelewer is, waaronder Die Afrikanerbond ook uitgebreide kommentaar gelewer het, en ten spyte van verskeie opposisiepartye se waarskuwings en ook die Parlementêre regsafdeling se eie bekommernis en advies in die verband, het die ANC en EFF voort gegaan om als te ignoreer en ‘n bespotting te maak van die grondwet en eiendomsreg.
Luister Hier: