Dewald Dippenaar is ‘n gebore musikant en knap liedjieskrywer in Afrikaans en Engels en is reeds vir meer as n dekade ‘n uiters suksesvolle kunstenaar in die Afrikaanse musiekbedryf. Sy besonderse stem pas die rock en country genres perfek, en hy is ook ‘n baie veelsydige kitaar en mondfluitjie speler.
Dié instrumente maak ook ‘n groot deel van sy energieke lewendige optredes uit. In 2000 ontvang Dewald sy graad in Ekonomie (B.Econ) aan die Universiteit van die Vrystaat en begin sy loopbaan as voltydse sanger en liedjieskrywer.
Gedurende 2002 toer Dewald vir agt maande deur Engeland en doen meer as veertig baie suksesvolle konserte in Brittanje. In 2004 begin opnames vir sy eerste volwaardige oorspronklike cd, getiteld “October Sky”. Dewald skryf ook al die snitte op hierdie album.
Gedurende 2007 word die groot treffer ‘Wys jou muis’ vrygestel. Die treffers ‘Wys jou muis’, “Plaasdorp” en “Wondervrou” maak ‘n groot
Continue reading…