‘n Bejaarde egpaar wat in hul huis in Umtentweni buite Port Shepstone in Kwazulu-Natal vermoor is, is geïdentifiseer as Murray Ross (67) en sy vrou Julie Ross (60).
Polisiewoordvoerder, kaptein Petros Mpinge, het gesê die egpaar is op 28 Augustus omstreeks 12:00 met steekwonde in hul nek en kop gevind.
“Daar word beweer dat die huiswerker ‘n oproep ontvang het om te kom help met die aflaai van goedere na inkopies. By aankoms het sy egter opgemerk dat die motor met die deure oop in die erf staan. Sy het begin om items in die huis in te neem. Toe sy die huis binnekom, ontdek sy die oorledene wat op die vloer lê, met baie bloed wat uitvloei,” het Mpinge gesê.
Hy het gesê dat sy dit toe by die bure aange
Continue reading…