Daar gaan moontlik gepoog word om die land se ekonomiese chaos te verlig deur staatsamptenare se salarisse vir drie jaar lank onveranderd te laat bly.
Alhoewel die regering moontlik baie sterk gevoelens uitspreek oor so iets, is daar ‘n groter waarskynlikheid dat die amptenare ‘n dispuut sal verklaar. Amptenare sê hulle verwag ‘n verhoging van 7.1% wat heel waarskynlik 1 of 2 jaar gelede beding is.
Daar word dus verwag dat so dispuut uitgerekte hofsake, stakings en nog meer chaos kan veroorsaak. Volgens finansiële deskundiges is die korrekte optrede om die staatsdiens professioneel te nader en van die honderde oortollige personeel af te lê, eerder as om beloofde salarisse nie te betaal nie.