Newlands-Oos in Durban is ver van die blink hoogtes van die Burj Khalifa in Dubai, maar dit is waar Duduzane Zuma blykbaar sy poging om president te word, loods.
Die jong Zuma het leiers ontmoet van die ANC se afdeling wyk 11, wat die voormalige kleurlingdorp Newlands-Oos insluit, en die verarmde gebiede Siyanda en Quarry Heights naby KwaMashu, eThekwini.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/06/29-Junie-zuma.mp3[/embed]
Daar word gesê dat hy hulle vertel het van sy ambisieuse plan om tot voorsitter van die wyk verkies te word, sodat hy in staat sal wees om president Cyril Ramaphosa volgende jaar vir die ANC-presidentskap uit te daag.
Duduzane woon nie in die omgewing nie, maar dit is die tuiste van sy vrou, Shanice Stork, maar ANC lede het ook gesê dat Duduzane ander takleiers in KwaZulu-Natal en die Vrystaat ontmoet het, om sy veldtog te populariseer.
Maar Duduzane sal ‘n moeil
Continue reading…