Asof petrol en elektrisiteit verhogings nie genoeg is nie, styg eiendomsbelasting in SA ook eersdaags. Agv. die diep skulde van munisipaliteite weens hul wanbestuur en korrupsie, moet iets gedoen word om die swak diens te verbeter.
Die eerste stap sal glo wees om eiendomsbelasting te verhoog. Daar word ook verwag dat die regering die vullisverwydering en water tariewe gaan verhoog. Of die verhogings aangewend gaan word om dienslewering te verbeter of om salarisse ter verhoog, is onbekend.
Elektrisiteitstariewe is reeds verhoog. Met verhoogde brandstof het elke instansie nou ‘n verskoning om tariewe aan te pas. Daar word vermoed dat water met 10% en eiendom met 15% kan verhoog. Dit sal miljarde rande beskikbaar stel aan on-effektiewe munisipaliteite.