Die metropolisie in Pretoria het na bewering die afgelope week ‘n man intimideer en afgepers en sy drank gesteel, nadat hulle hom valslik van dronkbestuur beskuldig het. Die slagoffer het gevra dat sy naam weerhou word omdat hy vrees vir viktimisering. Hy het ‘n klag van diefstal by die Brooklyn-polisiekantoor ingedien, maar daar is glo vele ander sulke gevalle in Pretoria!
Die man het die private ondersoeker Mike Bolhuis en sy span genader om te help met die ondersoek. Hennie Viljoen, ‘n spesialis-ondersoeker wat vir Bolhuis werk, het Saterdag gesê hulle werk nou saam met die polisie. “Sowat ses soortgelyke voorvalle is die afgelope drie maande in Gauteng aangemeld. Die mense het presies dieselfde werkswyse gevolg as in hierdie jongste voorval.”
Luister Hier: