Terwyl die onluste wyer sprei met meer en meer besighede en fasiliteite wat sluit, wat tot voedsel tekorte lei, kom meer en meer mense en groepe tot die besef dat dit nie net die tsotsies en kriminele se skuld is nie. Dit is nou dekades wat die ANC hul eie party regeer met ‘n baie slap riem, en toegelaat het dat hul lede en leiers maak wat hulle wil met min sensuur of nagevolge, al het dit ANC stemmers nog meer verarm.
TLU SA is teleurgesteld in Ramaphosa en die ANC-regering se hantering van die situasie in Suid-Afrika en beskuldig ANC dat hulle net ‘n pleister plak op die groot gapende wond van ekonomiese verval. Afrikanerbond het in ‘n verklaring gesê dat Suid-Afrika nou ʼn bitter duur prys betaal vir die ANC se onvermoë om sy eie interne faksies in toom te hou, wyl VF-Plus die ANC se regering se versuiming om die polisie toe te rus en om wet in orde te onderhou ten sterkste kritiseer het.
Luister Hier:
[embed]https://sa
Continue reading…