Zweli McKize het gesê die aanlyn registrasie vir fase 2 inenting is Vrydag 16 April oopgestel in Suid Afrika. Gekwalifiseerde werkers sal deur middel van die elektroniese inenting stelsel kan registreer vir hul inenting.
Fase 2 is glo vir mense wat aansoek doen en bo die ouderdom van 60 jaar is. Hierna sal jonger mense eers kan registreer. Elkeen wat kwalifiseer sal ‘n SMS kry met die inligting wat die pasiënt benodig om betyds op die regte plek te wees vir die inenting.
Die SMS sal ook ‘n unieke kode bevat wat vertoon moet word wanneer die afspraak nagekom word. Pasiënte sal ook verplig wees om hulle IDs en kontak nr te vertrek by die inentingsperseel. Die amptelike afskopdatum vir Fase 2 is 17 Mei 2021.