Dringende Uitroep tot Aksie: Die ANC se SABC hou nie van ons berigte nie, en hulle dreig ons met dagvaardings omdat ons “nie inhoud sensuur nie, en nie hul fact-checkers” gebruik nie. Soos baie weet, as deel van hul poging om Afrikaans tot niet te maak, het de SABC dekades laas die SAUK naam amptelik gebruik, en het ons uitgelos vir die byna 20 jaar wat ons die sauk.co.za domein besit, en die SAUK naam gebruik vir ons Afrikaanse Nuus en Radio. Maar nou dat ons meer aandag trek, met byna 80,000 volgers op FB, meer as 135,000 unieke kuiermense op elk van ons webwerf en radio per maand, en waar ons die ANC se haat en foute daagliks uitbasuin, het hulle besluit om ons te probeer stilmaak. Ons kan natuurlik net ingee en ons naam verander, maar almal weet “SAUK” en “ANC” hoort nie saam nie. SABC lieg en eis dat hulle “in die SAUK naam belê“, maar ons kon oor die jare nêrens bew
Continue reading…
SABC Wil SAUKnuus Sensuur en Toemaak! Moet Ons vir Ons Erfenis Veg of Ingee en Naam Verander?
Enjoyed this post? Share it!
Hoërskool DF Malan in Belville wil so Graag die Knie Buig en Naam Verander, maar het nog nie ‘n “Inklusiewe” Naam nie!
Volksmoord Hoër? Die Hoërskool DF Malan in Belville beweer dat hulle beoog om sy beplande naamsverandering ‘n inklusiewe proses te maak, maar het geen nuwe naam of lys van name in gedagte nie? Klink meer soos oorgawe aan die globalistiese volksmoord voordat die vyand selfs gesien is, of is dit net trapsoetjies vir ‘n besluit wat klaar geneem is en skelm deurgedruk word?
Die skool se voorsitter van die beheerliggaam, André Roux, het die afgelope naweek bevestig dat hulle die proses sal begin om die skool se naam te verander, maar benadruk dat hierdie besluit deel uitmaak van ‘n maande lange konsultasieproses, waartydens alle aspekte van die skool se identiteit en toekoms visie bespreek is. Hy noem egter nie waar die idee om die naam te verander vandaan kom nie?
Luister Hier:
Enjoyed this post? Share it!