Malusi Gigaba, ‘n voormalige ANC minister van Binnelandse Sake en lid van die Kabinet, se vervreemde vrou, Norma Mngoma, het haar getuienis voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping voortgesit.
‘n Veilighiedsrisiko het die vorige aand se verrigtinge onderbreek, en Mngoma is inderhaas deur die polisie weg begelei, na die voorsittende beampte, adjunk-hoofregter Raymond Zondo as gevolg daarvan die kommissie verdaag het. Dit is nog nie bekend wat die veiligheisdrisiko eintlik was nie.
Luister Hier: