Slegs klein hoeveelhede van die ammunisie wat uit ‘n skeepsvraghouer in Durban gebuit is, is teruggevind, het die parlement se portefeuljekomitee Donderdag gehoor. Dit was een van die vrae wat Donderdag tydens ‘n inligtingsessie deur SAPD-amptenare tydens die parlement se polisieportefeuljekomiteevergadering geopper is.
Tydens die sessie – toe gevra is dat die SAPD die parlement inlig oor stabiliteit in die polisiemag, en die voortgesette herstruktureringsproses – het die komiteelede ook die minister van polisie, Bheki Cele, en nasionale polisiekommissaris genl. Khehla Sitole, saam met ander senior polisiebeamptes, gepeper oor kwessies wat wissel van SA se reputasie as ‘n misdaadgeteisterde land en die geval van die vermiste koeëls.
Luister Hier: https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/07/30-Julie-koeels.
Continue reading…