Al het Tito Mboweni belowe dat daar nie meer geld is om die Staatsondersoekskommissie te finansier nie, het die Zondo kommissie steeds ‘n vyfde uitstel versoek. Nie dat enigiemand verbaas is nie dat die staatsondersoek ‘n verdere verlenging soek nie, hierdie keer tot Desember (na die verkiesings), maar dat die land se Adjunkhoofregter so ‘n groot misrekening herhaaldelik kan maak, is ‘n groot kommernis, of is dit net dat hulle bloot nie genoeg geld verdien het nie en Kersfees presente wil koop? Dalk is dit tyd dat hy aftree?
Die Zondo kommissie het die belastingbetaler reeds R1 Miljard gekos – insluitend die betaling van buitensporige fooie aan bewyse leiers en ondersoekers, en ander administratiewe koste. Nog ‘n verlenging van die sperdatum vir die inhandiging van die verslag is deur die staatskapingskommissie gevra om sy finale verslag af te lê. Continue reading…