Die manne van DZL skop die lente me ’n nuwe enkelsnit, wat sentreer rondom ’n nuwe begin, af. Bloei, ’n duet met Kaylee, fokus op die boodskap dat dit menslik is om te val en foute te maak; die oorwinning lê egter daarin om weer op te staan en nuut te begin.
“Ek is seker almal het al gehoor dat die beste raad vir ’n sweer is om dit oop te maak sodat dit bloei en gesond kan word. En dit is presies die boodskap wat ons met Bloei wil uitdra; ons almal is soms te trots om te erken dat daar goed in jou lewe is wat seermaak en die feit dat jy daaroor kan oopmaak en praat bring eintlik die genesing,” verduidelik Andries Potgieter.
Wil jy graag adverteer op hierdie baie gewilde webwerf? Stuur my ‘n e-pos by [email protected], en ek sal jou vertel hoe !!
Bloei is die eerste snit op DZL se nuwe album, Realiteit. Die liedjie uit die bekroonde liedjieskrywer, Rouxan
Continue reading…