Adv. Dali Mpofu, regsverteenwoordiger van Thandi Modise, speaker van die parlement, het ‘n aansoek om ontslag in die saak van dieremishandeling teen haar, ingedien, na die saak in die Potchefstroomse streekhof hervat is. Nieteenstaande getuienis van ‘n veearts en ‘n voormalige plaaswerker wat gister gehoor is, het Adv. Mpofu in ‘n verrassende wending die hof gevra om Modise vry te spreek, op grond van onvoldoende bewyse om haar aan die mishandeling saak te verbind.
Die verdediging kan wel so ‘n aansoek bring nadat die vervolging hul saak gesluit het, ingevolge artikel 174 van die Strafproseswet. Die verdoemende getuienis van Tebogo Mokaedi, die laaste plaaswerker wat op Modise se plaas gewerk het, in die Noordwes-provinsie, waar honderde diere in 2014 gevrek het, is deur ‘n mede-getuie as leuens beskryf.
Luister Hier: