‘n Onderneming van Hartbeesfontein, Supreme Poultry, het uit desperaatheid self R100,000 betaal om waterpype te koop, om stukkende munisipale waterpype te herstel, nadat die gebied vir amper ‘n week sonder water was. Supreme Poultry moes ook teen astronomiese koste self nuwe water reservoirs op hulle eie perseel oprig, vir wanneer daar weer nie water is nie.
Matlosana (Maar-los-en-vergana) munisipaliteit bedien die gebied wat ook plekke soos Klerksdorp en Orkney insluit. Mnr Morne Jerling van Supreme Poultry het aan Netwerk24 gesê dat hulle gedwing word tot dubbele belasting, want een dag sonder watertoevoer beteken hulle verloor R1,2 Miljoen Rand per dag!
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/06/24-June-Water.mp3[/embed]
Die Clover kaasfabriek in Lichtenburg het onlangs gesluit en gaan na Natal verhuis, omdat dienste glad nie meer deur die Ditsobotla munisipaliteit gelewer word nie
Continue reading…