Na ‘n vinnige “pouse” het Cyril sy nuwe groter kabinet onthul, nog voor meeste van die ANC daarvan geweet het volgens Jessie Duarte. Dieselfde strategie wat hy gebruik het met die Zuma inhegtenisname: laat die situasie vererger en slaan toe wanneer niemand dit verwag. Maar dit het ook baie sogenoemde kenners verbaas. Na ‘n patetiese vertoning, in wetstoepassing en die handhawing van wet en orde om SA burgers veilig te hou, behou Cele sy posisie! Watse houvas het die korrupte minister op’n selfs meer korrupte ANC?
Selfs Adriaan Basson wat gewoonlik Ramaphosa se lof sing vanuit sy ver linkse News24 ivoortoring, was verbaas. Hy het gesê ‘n Land se intelligensie -agentskap kan nie, en moet nie van die presidensie bestuur word nie. Die aanstelling van ‘n sterk, onafhanklike direkteur-generaal vir die SSA moet prioriteit geniet.
Luister Hier: Continue reading…