Vir die eerste keer in ‘n lang tyd word ‘n album vrygestel wat eenvoudig net anders is. Eintlik, heeltemal anders! Lizanne Barnard se debuutalbum is akoesties, rou en eerlik. Waar sy nie wil sing nie, praat sy, want sy dra deur die stiltes tussen note ‘n boodskap oor met haar eerlike, ongeslypte diamantstem.
Hierdie pianis, fluitis, sangeres, liriek- en musiekskrywer is musikant in murg en been. Lizanne het haar graad in B Mus Uitvoerende Kuns verwerf aan die Universiteit van Pretoria in 1988. Sy skop haar liedjieskryf- en sangloopbaan af op ‘n vroeȅ ouderdom en word in 1993 aangewys as algehele wenner asook wenner van die eie komposisie afdeling vir die ATKV CRESCENDO kompetisie.
Lizanne was grootliks verantwoordelik vir die klankbaan van die bekroonde verhoogproduksie, UIT DIE BLOUTE waarin die werk van Eugène Marais vereer is. Dié produksie het ‘n Herrie-toekenning verower vir die “Mees Innoverende Produksie” by die KKNK in 19
Continue reading…