Leigh Matthews, was ‘n sprankelinde jong 21-jarige student, met haar lewe voor haar, toe sy in 2004 ‘n vreemdeling ‘n rygeleentheid gegee het, wat haar toe ontvoer en vermoor het. Nou kan haar moordenaar waarlik waar op parool vrygelaat word! Volgens Leigh se Pa sal die gesin die paroolaansoek teenstaan.
Die moordenaar, Donovan Moodley gaan binnekort in aanmerking kom vir parool, maar Rob Matthews, Leigh se pa is nie tevrede met die stelsel nie, want hy se hulle is nie in kennis gestel dat die moordenaar moontlik een van die dae in die straat sal kan rondloop nie. Hy is van mening dat die paroolraad nie slagoffers van geweld en hul naasbestaandes in ag neem nie.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/06/23-June-Leigh.mp3[/embed]
Matthews glo dat die moordenaar nie berou het oor sy dade nie, omdat daar talle besonderhede van die moord is, wat Moodley nog nooit bevestig het nie.