Net wanneer ons dink ons het dit als gehoor, kom ‘n waarnemende Minister wat sy eie mense beledig wyl hy self waansinnig optree. Waarnemende minister in die presidensie (wat dit ookal beteken), Khumbudzo Ntshavheni, het die besluit verdedig om goedere te vernietig wat teruggevind is na die plundertogte verlede week in Gauteng en KwaZulu-Natal.
Dit na aanleiding van ‘n openbare terugslag nadat die regering Dinsdag aangekondig het dat herwonne geplunder goedere vernietig sou word. Maar ons moet natuurlik vra of ons video sal sien van hoe dit vernietig word, of sal dit net als “verdwyn” soos onwettige wapens wat kamma vernietig was?
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/07/22-Julie-plunder.mp3[/embed]
Die publiek het met woede gereageer en gesê dat dit sinneloos is om die weermag te ontplooi, om deure in te skop in gebiede naby geplunderde winkelsentrums – om gesteelde goedere terug te kry,
Continue reading…