Dit is duidelik dat die Sosialisitese ANC als in sy vermoë doen om werkgewers te ontmoedig. In ‘n poging om dié wat werk as verskoning gebruik, om nie inenting te kry nie, aan te moedig, moet Suid-Afrikaanse werkgewers nou hul werkers betaalde tyd gee om hulle teen Covid-19 te laat inent. En werknemers wat newe-effekte ervaar, kan met betaalde siekteverlof tuis bly deur hul inentingsertifikaat as bewys te lewer, sonder dat die standaard mediese sertifikaat nodig is om siektedae te eis nie.
Dit is ‘n paar van die oorbodige bepalings van gesondheids- en veiligheidsmaatreëls op die werk in Suid-Afrikaanse werkplekke, wat nou bygewerk is om spesifieke protokolle rakende Covid-19-inentings in te sluit. Die wysigings vereis ook dat werkgewers risikobepalings moet onderneem wat die blootstelling aan Covid-19 in die werkplek beperk.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/06/16-June-Covid-1.mp3[/embed]