Sommige mense in Fairland en Northcliff was al vyf dae sonder water, sê wyksraadslid. “Ek sal nooit weer op dieselfde manier na water kyk nie.” Dit was die woorde van Vanessa Venter van Fairland in Johannesburg, want die gebied was vir die derde dag sonder water.
“Ons het nie water nie en tussendeur is ons sonder elektrisiteit weens beurtkrag. My grootste bekommernis hiermee is die higiëne – want ons kan nie reg stort of ons hande was nie. Ons kan nie skottelgoed was of die vloer afdroog nie,” het sy aan TimesLIVE gesê.
Luister Hier: