AfriForum het vandag in ’n brief aan president Cyril Ramaphosa, minister van finansies Tito Mboweni en minister van gesondheid Zweli Mkhize gestuur waarin die burgerregteorganisasie waarsku dat die inwerkingstelling van nasionale gesondheidsversekering (NGV) uiteindelik tot die afgradering van die land se kredietgradering tot rommelstatus kan lei.
Dít volg nadat die kredietgraderingsagentskap Moody’s Suid-Afrika se kredietgradering onlangs van ’n stabiele na ’n negatiewe vooruitsig afgegradeer het. Die rede vir dié afgradering is volgens Moody’s somber groeivooruitsigte en groeiende openbare skuld. In sy brief voer AfriForum aan dat onbekostigbare, ideologiese beleide soos die NGV daartoe gaan lei dat Suid-Afrika na rommelstatus afgegradeer sal word, aangesien die land dit eenvoudig nie kan befonds nie.
“Om met die inwerkingstelling van die NGV voort te stu, sal nie net rampspoedig vir die Suid-Afrikaanse ekonomie wees nie; dit sal ook staatskuld opblaa
Continue reading…