Volgens die ondersoekdirektoraat (ID) het die pogings om die Gupta-broers en hul vrouens na SA terug te bring toegeneem, om tereg te staan op aanklagte, na Interpol rooi kennisgewings oor hul inhegtenisneming uitgereik het.
Rooi kennisgewings word uitgereik vir kriminele wat vir vervolging gesoek word, en word aan wetstoepassers wêreldwyd uitgereik, om ‘n persoon op te spoor en voorlopig in hegtenis te neem hangende uitlewering.
Luister Hier:
[embed]https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/07/6-Julie-interpol-1.mp3[/embed]
Die ID het dié aankondiging Maandag bekend gemaak, ná die oordrag na die hooggeregshof in Bloemfontein vir die verhoor van die strafsaak van vyf beskuldigdes, rakende verkrygingsbedrog van R24,9 miljoen wat die Vrystaatse departement van landbou aan Nulane Investment 204 betaal het.
Atul Gupta en sy vrou Chetali, Rajesh Gupta en sy vrou Arti, en drie ander, moet by die vyf ander beskuld
Continue reading…