Orania het laas maand op ekonomiese terrein ʼn baie belangrike tree geneem toe die Ora, Orania se eie geldeenheid wat aan die Rand vasgepen is, ‘n digitale weergawe gekry het, wat aan die gemeenskap vrygestel is! Die dOra is ʼn projek wat al vir ʼn hele ruk ontwikkel word, en na verskillende ‘voertuie’ vir hierdie projek oorweeg is, is daar verlede jaar heelwat vordering gemaak en ʼn toepassing is gebou.
Die digitale-Ora was vir ʼn geruime tyd in ʼn toetsfase waar die Sakekamer en ondernemers die toepassing gebruik het om vas te stel of die ontwikkeling prakties en verbruikersvriendelik genoeg is. Conrad Basson, voorsitter van die Orania Sakekamer, het tydens die bekendstelling van die dOra vertel dat verskeie rolspelers, van buite Orania, aanvanklik belanggestel het om dit te help ontwikkel, maar dat die hele ontwikkeling, opstelling en programmering uiteindelik volledig in Orania vermag kon word.
Luister Hier:
[embed]https
Continue reading…