‘n Vooraanstaande boer van die plaas Klipdraai in Rothdene wil die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit hof toe neem nadat verskeie beeste op sy plaas gevrek het. Frik van Greune sê daar is onlangs sewe beeste op sy plaas dood nadat hulle besoedelde water uit ’n dam op sy plaas gedrink het. Volgens Van Greune het dit gebeur nadat rioolvuil onlangs weer by ’n drein naby aan sy plaas oorgeloop het en in van Greune se plaasdam beland het.
Die rioolvuil besoedel volgens van Greune ook nabygeleë waterweë soos die Fouriespruit, Kliprivier en Vaalrivier en die besoedeling gaan glo al vir jare so aan. Volgens Vaalweekblad wat Van Greune se plaas verlede week besoek het, is daar ook heelwat dooie babers en ’n dooie voël in die besoedelde plaasdam aangetref.
Luister Hier: https://saukradio.com/wp-content/uploads/2021/07/29-J
Continue reading…