Twee derdes van Suid Afrikaners glo dat korrupsie die afgelope jaar toegeneem het, en helfte (49%) glo dat dit “baie toegeneem het.” Verder blyk dit uit ‘n opname dat mense nie net dink dat korrupsie erger geword het nie onder Ramaphosa, maar herken ook ‘n groot deel van die verkose amptenare en staatsamptenare, wat kamma korrupsie sou beveg, betrokke in korrupte aktiwiteite is.
Persepsies van sistemiese korrupsie in Suid Afrika oorheers al twee dekades lank in openbare debatte sedert ANC ‘n werkende eerstewêreldse staat gegee is. In sy vele vorme ondermyn korrupsie die doeltreffendheid van die staat, verswak die kwaliteit van openbare dienste en vernietig uiteindelik die openbare vertroue. In Suid Afrika was oudpresident Jacob Zuma en ‘n paar van sy bondgenote beskuldig van staatskaping, met die gebruik van die staat vir persoonlike gewin, wat instellings en staatsdepartemente vernietig eh uitgehol het.